Vrou vas oor koei-slenter

‘n Vrou van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat sy glo ‘n koei-verkoop slenter in Soweto bedryf het.

“Die vrou het aan klënte gesê sy besit ‘n plaas in KwaZulu-Natal en dat sy van haar koeie verkoop,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy het tussen R5 000 en R40 000 van niksvermoedende kliënte geneem en nooit die koeie afgelewer nie.”

Die 41-jarige vrou van Eshowe in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat drie van haar slagoffers met die polisie in verbinding getree het. Die polisie het haar met kwitansies, wat sy vir die kliënte uitgereik het, betrap. Volgens die polisie is sy moontlik al sedert 2011 besig met dié slenter.

Die bedrogspul het glo in Vlakfontein en Zacchariapark plaasgevind.

“In een stadium het die verdagte kliënte, wat haar betaal het, na Eshowe geneem, maar sy het verdwyn voordat sy die vee aan hulle kon oorhandig,” het Makhubela bygevoeg.

Die vrou is aangekla van diefstal onder valse voorwendsels en sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Seg Net ·

Die boer gee elke Kerkbasaar ‘n tjek en elke jaar “hop” die tjek. Met die volgende basaar seg die ouderling hy moet maar liewer die tjek los en vee skenk. Hy skenk toe,teen sy sin, ‘n koei. Met die basaar veil hulle die koei op en die boer koop hom terug met ‘n tjek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.