Vrou vas oor vals kapingsklag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 27-jarige vrou is Woensdag in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn vals klag oor ʼn kaping by die polisie gelê het.

“Die vrou het Dinsdag ʼn kaping by die Orlando-polisiestasie aangemeld,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder vir die polisie in Gauteng, gesê. “Sy het aan die polisie gesê sy is by ʼn verkeerslig in Dube deur twee gewapende mans gekaap.”

Dit wil egter voorkom of die vrou by ʼn kroeg in die gebied onder die invloed van alkohol was toe een van haar vriende haar motor na haar huis in Pimville geneem het.

Sy sal Donderdag in die Orlando-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.