Vrou vas op lughawe na grappie oor bom

Die polisie in KwaZulu-Natal sê ‘n vrou is in hegtenis geneem by die King Shaka Internasionale lughawe nadat sy beweer het daar is ʼn bom in haar bagasie.

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) se woordvoerder, Colin Naidoo sê die vrou was geskeduleer op ʼn vroeë vlug na Johannesburg, toe sy aan die klerk waar sy moes inboek gesê het daar is bom in haar bagasie, berig IOL. Naidoo sê die klerk was nie seker of die vrou ernstig was nie en het die owerhede in kennis gestel van die situasie. Die polisie het glo opgedaag en die vrou na die polisie se aanhoudingselle geneem. Naidoo sê die vrou is in hegtenis geneem aangesien sy aanmerkings gemaak het wat die veiligheid van ander in gedrang bring. Die vrou se bagasie is deursoek en daar is niks gevind nie.

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.