Vrou vas vir Montecasino-lyk

Montecasino

Montecasino

ʼn 24-jarige vrou is in Douglasdale in hegtenis geneem in verband met die ontbinde liggaam van ʼn man wat oor die naweek in ʼn kattebak van ʼn voertuig by Montecasino in Fourways, Johannesburg, gevind is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die vrou is Dinsdagaand in hegtenis geneem en behoort na verwagting Woensdagmiddag in die Randburg-landdroshof te verskyn, waarna haar naam bekend gemaak mag word.

Maroela Media het Maandag berig die ontbinde liggaam van die 37-jarige man is Sondagoggend in die vroeë oggendure in die kattebak van sy Nissan-motor op die vierde verdieping by die casino in Fourways, Johannesburg, gevind.

Die man is omstreeks 01:00 deur veiligheidsbeamptes ontdek nadat hulle ondersoek ingestel het toe hulle ‘n slegte reuk uit die voertuig geruik het. Die polisie het intussen bevestig die liggaam is die eienaar van die voertuig. Die naam van die man is nog nie bekend gemaak nie omdat hy nog nie formeel deur sy familie uitgeken is nie. Die man is enkellopend en van Jukskeipark, ’n aangrensende gebied tot Montecasino.

Lees ook:
Gru-vonds by Montecasino

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.