Vrou vasgetrek met 10kg tik

Die vrou (46) is om 20:30 in hegtenis geneem nadat sy glo 10,5kg tik in haar besit gehad het.

Volgens adjudant-offisier November Filander, kan die geskatte straatwaarde van die dwelms ongeveer R3 miljoen beloop. Die vrou het op ʼn vlug van Johannesburg met die dwelms in haar bagasie geland. Volgens Filander het die vrou ʼn kriminele rekord.

“Gedurende 2006 is sy in Johannesburg in hegtenis geneem vir die handel in dagga. Sy was in 2007 vir sewe jaar gevonnis, maar na vyf jaar vrygelaat.”

Sy sal na verwagting Dinsdag in die Bellville landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.