Vrou verdrink dalk in Oos-Kaap

Gap in Port St. Johns. Foto: NSRI

ʼn Vrou, in haar vroeë 20’s, het vermoedelik verdrink nadat sy en ʼn vriendin deur die see van die rotse by Gap in Port St. Johns af gespoel is.

ʼn Woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Craig Lambinon, sê die twee vrouens het glo op rotse langs die see gesit toe ʼn golf hulle van die rotse af gespoel het. Die 24-jarige Abby Sullee, ʼn Amerikaanse burger, is gered. Die ander vrou is steeds vermis. Sullee en haar man woon saam met die vermiste vrou se gesin terwyl hulle in Port St. Johns kuier. Sullee is vir skok behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.