Vrou verdrink in getyswembad

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn 23-jarige vrou het Sondag in ʼn getyswembad by Strandfontein aan die Weskus verdrink.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê lewensredders het opgemerk dat die vrou in die moeilikheid beland het. Die vrou is uit die water gehaal waarna lewensredders mond-tot-mond-asemhaling op haar toegepas en mediese hulp ontbied het. Die vrou van Kraaifontein is egter kort hierna op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.