Vrou vereer ná 60 jaar se vlekkelose bestuursrekord

Hazel Souma Foto: Nathan Adams, EWN

Suid-Afrika het Dinsdag ʼn 80-jarige bestuurder vereer as ʼn “uitstekende voorbeeld”, aangesien sy die afgelope 62 jaar geen verkeersboete ontvang het nie.

Hazel Souma het ʼn sertifikaat van vervoerminister Sbusiso Ndebele ontvang vir haar ses dekadelange vlekkelose rekord in ʼn land waar 40 mense daagliks op paaie sterf. “Me Souma se vlekkelose bestuursrekord en uitstekende voorbeeld is bewys dat ons ʼn einde kan maak aan die slagting op ons paaie,” het hy gesê. Suid-Afrika se paaie word gekenmerk deur roekelose bestuur. ʼn Motorfietsryer is Maandag vasgetrek nadat hy 220 km per uur in ʼn 120 km/h-sone gejaag het. Alhoewel die sterftesyfer ietwat afgeneem het, is meer as ses miljoen boetes tussen Oktober 2010 uitgereik en meer as 21 000 bestuurders in hegtenis geneem weens dronkbestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Twee dinge: Net omdat sy geen boetes gekry het nie, beteken nie dat sy nooit enige verkeersreëls oortree het nie.
Ek sou ook graag wil weet in hoeveel ongelukke sy betrokke was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.