Vrou vergiftig haarself, drie seuns

ʼn Vrou en twee van haar seuns is dood nadat sy hulle gif ingegee het in hul huis in Msento Village, Centane, het die Oos-Kaapse polisie Dinsdag gesê.

Die 37-jarige vrou het haar twee seuns en ʼn vriend by die skool opgelaai ná ʼn argument met haar eggenoot Maandag, het kaptein Jackson Manatha gesê. “Die seuns, wat onderskeidelik drie, nege en tien jaar oud is, is saam met hul ma huis toe waar sy hulle glo gif ingegee het voordat sy self ook gif gedrink het,” het hy gesê. Haar eggenoot is in kennis gestel, maar die twee ouer seuns was reeds dood toe hy daar aangekom het. “Die moeder is saam met die driejarige na Butterworth hospitaal toe geneem,” het Manatha gesê. Die vrou is Dinsdagoggend in die hospitaal oorlede. Die driejarige is in ʼn kritieke toestand. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Manatha het gesê die polisie sal ʼn nadoodse ondersoek doen om die oorsaak van die kinders en vrou se dood te bevestig. “Ons het gehoop dat sy sal oorleef sodat sy presies vir ons kan vertel wat gebeur het, aangesien ons steeds glo dat sy haar en die seuns vergiftig het weens die misverstand wat sy met haar man gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.