Vrou verkrag, dogter ontvoer

ʼn Vrou is voor haar 2-jarige dogtertjie verkrag in Orange Farm, suid van Johannesburg.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Johannes Motsiri, sê drie mans het vroeg Sondagoggend by die vrou se huis ingebreek en haar verkrag terwyl die kind langs haar op die bed gelê het. Hy sê die inbrekers het nadat hulle die vrou verkrag het met haar 2-jarige dogtertjie gevlug. Motsiri sê die vrou het nie die drie mans geken nie. Die dogtertjie is later deur lede van die gemeenskap in ʼn straat naby die huis gevind. Die gemeenskap het die kind na ʼn nabygeleë geneem waarna sy na ʼn hospitaal geneem is vir roetine ondersoek. Die polisie ondersoek ʼn saak van verkragting en ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.