Vrou verkrag, seun doodgeskiet

ʼn Vrou is Dinsdagmiddag verkrag en haar 19-jarige seun in die kop geskiet in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig Hangwani Mulaudzi, sê die vrou se vervreemde man en drie van sy werknemers is glo verantwoordelik vir die aanval. Die vier mans het die vrou aan ʼn bed in haar huis vasgemaak voor haar vervreemde man die ander mans glo opdrag gegee het om haar te verkrag.

Die vrou en haar vervreemde man se seun het glo ten tyde van die verkragting by die huis aangekom waarna hy in die kop geskiet is en gesterf het. Die mans het in ʼn wit Toyota Fortuner gevlug. Niemand is teen Dinsdagaand in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.