Vrou verkrag, vermoor in Noordwes

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012ʼn 60-jarige vrou is verkrag en vermoor in Tigane in Hartbeesfontein in Noordwes.

Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 35-jarige man is intussen in hegtenis geneem in verband met die moord wat Sondagaand plaasgevind het. Die vrou het glo omstreeks 22:00 Sondagaand saam met die verdagte huis toe gestap. Hy het haar glo verkrag en verskeie kere mes in haar agterkop gesteek. Die vrou is Maandag buite die verdagte se huis gevind waarna die polisie ontbied is. “Hy is die laaste persoon wat saam met die oorledene gesien is en sy klere het bloedvlekke op gehad.” Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Hartbeesfontein-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.