ʼn 60-jarige vrou is verkrag en vermoor in Tigane in Hartbeesfontein in Noordwes.
Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 35-jarige man is intussen in hegtenis geneem in verband met die moord wat Sondagaand plaasgevind het. Die vrou het glo omstreeks 22:00 Sondagaand saam met die verdagte huis toe gestap. Hy het haar glo verkrag en verskeie kere mes in haar agterkop gesteek. Die vrou is Maandag buite die verdagte se huis gevind waarna die polisie ontbied is. “Hy is die laaste persoon wat saam met die oorledene gesien is en sy klere het bloedvlekke op gehad.” Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Hartbeesfontein-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting en moord.
Wat is die doel van die half-gebakte berig?
Dieremaniere.
Ai ai, maar dis darem wreed!!! Nee hel man, bring die doodstraf terug!!!