Vrou vermoor glo katelknaap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 63-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo haar 35-jarige kêrel naby Lichtenburg in Noordwes met ʼn mes dood gesteek het.

“Die vrou van Itsoseng het glo Sondag in die vroeë oggendure haar minnaar met ʼn mes gesteek,” het sers. Kealeboga Molale, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, Maandag gesê. “Die verdagte se kind het die slagoffer buite die huis in ʼn plas bloed aangetref. Toe hy by sy ma wou weet wat gebeur het, het sy van die toneel gevlug.”

Dit vrou is later die dag aangekeer en sal na verwagting Maandag in die Itsoseng-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Stomgeslaan ·

‘n 63-jarige vrou met ‘n 35-jarige man….? Dis mos moeilikheid soek! Hulle is mos in twee verskillende fases van hulle lewens. Ai, mense darem…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.