Vrou vermoor glo kêrel op Kersdag

Argieffoto

‘n Vrou in die Oos-Kaap het na bewering op Kersdag haar 39-jarige kêrel met ‘n mes doodgesteek.

“Die paartjie van Addo het glo ‘n argument gehad,” het ao Marianette Olivier, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Vriende het glo die stryery onderbreek en die man is daar weg. Hy het egter teruggekeer en haar met ‘n piksteel aangeval. Sy het hom met ‘n mes in die bors gesteek.”

“Die man is op die toneel dood,” het Olivier bygevoeg. Die vrou is in hegtenis geneem en sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Kirkwood verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.