Vrou vermoor, moontlik verkrag

Die liggaam van ʼn vrou is Maandagaand buite ʼn kantoorblok in Lenasia, suid van Johannesburg, gevind.

ʼn Polisiewoordvoerder, ao. Kay Makhubela, sê die vrou, glo in haar 30’s, het ʼn wond aan haar kop gehad. Makhubela sê die vrou was halfnaak en haar onderklere en broek was om haar een been. Die polisie vermoed dat die vrou verkrag is voor sy vermoor is. Die vrou se naam is nog nie bekendgemaak nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.