Vrou vermoor omdat sy man wou vergiftig

'n Polisievrou het Woensdag in die hof getuig dat Van Vuuren erken het hy het sy vrou vermoor omdat sy hom wou vergiftig. Foto: ecvv.com

ʼn Polisievrou het Woensdag in die Hooggeregshof in Pretoria getuig dat Albert van Vuuren sy vrou vermoor het omdat sy hom glo wou vergiftig.

Die staat voer aan dat Van Vuuren sy vrou, Monica, tydens ʼn argument in Julie 2010 met ʼn mes op hul plaas in Bronkhorstspruit doodgesteek het. Hy het egter vroeër onskuldig op die aanklag gepleit.

Adjudant Offisier, Yvonne du Plessis, wat eerste op die toneel was, het ook getuig dat Van Vuuren dronk was. Du Plessis het gesê sy het Monica op die kombuisvloer gekry en Van Vuuren het by die kombuistafel gesit. Hy het glo toe aan Du Plessis erken dat hy Monica vermoor het omdat sy vir ʼn egskeiding gevra het en hom boonop wou vergiftig. Du Plessis het verder gesê sy asem het na drank geruik en sy woorde was onduidelik. Sy het ook ‘n jagmes se houer op die kombuistafel gesien maar Van Vuuren het nie geweet waar die mes was nie.

Du Plessis het vir die hof gesê sy het nie Van Vuuren se skuld-erkentenis in haar aanvanklike verklaring ingesluit nie omdat sy gedink het dit was onbruikbaar.

Die saak duur voort. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.