Vrou vier keer in 26 uur in hegtenis geneem

Joyce Coffey is vier keer binne 26 uur in hegtenis geneem nadat sy haar susterskind met ʼn pan bygekom het en die rus verstoor het deur aanhoudend klipharde rockmusiek te speel.

Die vrou van Epping, New Hampshire in Amerika, is eers aanvanklik verlede Dinsdagmiddag deur die polisie ʼn waarskuwing gegee nadat sy die liedjie, Highway to Hell, van die groep AC/DC, aanhoudend en kliphard gespeel het. Sy het haar nie aan dié waarskuwing gesteur nie en is ʼn uur later in hegtenis geneem.

Sky.com berig sy is kort daarna vrygelaat maar is vyf ure later weer vir dieselfde oortreding in hegtenis geneem, waarna sy weer vrygelaat is. Sy is Woensdagoggend kort voor sonsopkoms weer in hegtenis geneem nadat sy weer harde musiek gespeel het, die keer ook liedjies van die rock-groep Guns N’ Roses.

Sy is vir die vierde keer later die Woensdag gearresteer nadat sy haar susterskind met ʼn pan teen die kop gegooi het. Hy wou glo sy besittings uit die huis verwyder toe sy hom aangeval het.

Polisiebeamptes beweer alkohol was vir Coffey se optrede verantwoordelik. Sy is Vrydag tronk toe gestuur en die regter het voorgestel dat sy in die toekoms oorfone gebruik. Sy moet weer 15 Oktober in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.