Vrou wat agter stuur doodgeskiet is se naam bekend

Die vrou wat Dinsdagoggend doodgeskiet is terwyl sy in Faerie Glen, oos van Pretoria, bestuur het se naam is deur die polisie bekendgemaak.

ʼn Polisiewoordvoerder, ao. Duane Lightfoot, sê die slagoffer is geïdentifiseer as die 25-jarige Chantal Hatting. Lightfoot kon egter nie kommentaar lewer rakende gerugte dat die skietery met beweerde padwoede of huweliksprobleme te doen het nie. Hatting het Dinsdagoggend omstreeks 7:10 in Manitobastraat gery toe ʼn motorfiets met twee persone op, haar verbygesteek het. Lightfoot sê volgens ooggetuies het hulle skote gehoor, wat glo deur die passasier op die motorfiets geskiet is, en gesien hoe die vrou se motor van die pad af gegaan het en teen ʼn sypaadjie gebots het. Die vrou is op die toneel dood verklaar. Lightfoot sê die vrou het glo haar kind by die kleuterskool afgelaai voor sy geskiet is. Lightfoot sê die motief vir die moord is nie bekend nie. Niemand is in nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.