Vrou wat deur taxi gesleep is se toestand steeds kritiek

Kim McCusker en haar verloofde, Lourens Grobler. Foto: Facebook

Die Johannesburgse advokaat wat deur ʼn taxi omgery en meters ver gesleep is, is steeds in ʼn kritieke maar stabiele toestand in die hospitaal.

Volgens McCusker se familie was sy gister vir vyf uur in die teater. McCusker ontvang steeds behandeling, wat onder meer insluit die skoonmaak van haar wonde wat sy het in die voorval opgedoen het. Sy sal na verwagting weer vandag van die ventilator afgehaal word nadat sy vroeër die week weer daaraan gekoppel is nadat haar toestand versleg het. Die taxibestuurder, Matome Thamage, word aangekla van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur nadat hy McCusker omgery en meters ver gesleep het. Hy is verlede week op borgtog van R5 000 vrygelaat. McCusker se verloofde, Lourens Grobler, is ook verlede week op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy word aangekla van aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging. Thamage beweer Grobler het hom aangerand en dat hy om die rede van die toneel probeer vlug het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.