Vrou wat deur taxi gesleep is, verloofde kry borg

Kim McCusker en haar verloofde Lourens Grobler. Foto: Facebook

Die verloofde van die Johannesburgse advokaat wat verlede week deur ʼn taxi omgery en meters ver gesleep is, het Maandag in die Randburg landdroshof verskyn op aanklagte van anaranding met die doel om ernstig te beseer.

Volgens die Times het Lourens Grobler (37) vlugtig in die hof verskyn nadat hy homself aan die polisie oorgegee het. Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Grobler word aangekla van kwaadwillige saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Grobler se verloofde, Kim McCusker, is verlede week deur ʼn taxi omgery en honderde meters ver gesleep. Die taxibestuurder, Matome Thamage (30), beweer Grobler het hom aangerand en dat hy om die rede van die toneel probeer vlug het. McCusker is intussen steeds in die hospitaal nadat sy die naweek van die ventilators afgehaal is. Thamage wat aangekla word van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur, sal Woensdag in die hof verskyn wanneer hy na bewering sal aansoek doen om borg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.