Vrou wat deur taxi gesleep is steeds kritiek

ʼn Johannesburgse advokaat wat Dinsdagoggend deur ʼn taxi raakgery is en meters ver gesleep is, is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

Kim McCusker (25) is ernstig beseer nadat sy sowat 200m deur die taxi gesleep is. McCusker en haar verloofde was op pad na die gimnasium toe die taxi in Lonehill teen hulle gebots het. McCusker se verloofde het uit die motor geklim en met die taxibestuurder gepraat om sy besonderhede te kry. Volgens McCusker se familie het sy ook uit die motor geklim en voor die taxi gestaan. Die bestuurder het glo op ʼn dreigende wyse vorentoe beweeg. McCusker het glo geval en onder die taxi beland. Die bestuurder het weggery en sy is meters ver deur die taxi gesleep. ʼn Polisiewoordvoerder, ao. Balan Muthan, het bevestig dat die bestuurder in hegtenis geneem is. McCusker se familie sê hulle is in die proses om ʼn klag van poging tot moord teen die taxibestuurder aanhangig te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.