Vrou wat deur taxi gesleep is weer geopereer

Die Johannesburgse advokaat wat deur ʼn taxi omgery en meters ver gesleep is, sal Donderdag nog ʼn operasie ondergaan, berig EWN.

Kim McCusker en haar verloofde, Lourens Grobler, was Dinsdagoggend onderweg na die gimnasium toe ʼn taxi in hulle motor vasgery het. Terwyl hulle besig was om die taxibestuurder se besonderhede te kry, het hy glo weggejaag en McCusker honderde meters ver gesleep. Matome Thamage word aangekla van poging tot moord en roekelose bestuur. Hy bly in aanhouding tot sy borgaansoek volgende week. McCusker het Dinsdag verskeie operasies ondergaan en sal vandag weer geopereer word. Intussen berig Beeld dat McCusker en Grobler twee weke gelede verloof geraak het. Sy is verlede jaar tot die Johannesburgse balie toegelaat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.