Vrou wat EFF-huis gekry het, lewe in vrees

Een van die ANC-lede wat glo op 11 Januarie 2014 klippe gegooi het by Nkandla Foto: Giordano Stolley/SAPA

Een van die ANC-lede wat glo op 11 Januarie 2014 klippe gegooi het by Nkandla Foto: Giordano Stolley/SAPA

Sthandiwe Hlongwane, ʼn vrou wat Saterdag ʼn huis ontvang het wat deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) naby aan president Jacob Zuma se Nkandla-woning gebou is, is bang dat sy en haar gesin aangeval gaan word, het The Sowetan Maandag berig.

Altesaam 30 ANC-ondersteuners is Saterdag daar in hegtenis geneem nadat hulle EFF-lede met klippe bestook het toe hulle die huis aan Hlongwane oorhandig het. Lees meer hier.

 

Hlongwane het aan The Sowetan gesê sy was bly toe die party vir haar die huis aangebied het, maar was nie bewus dat dit soveel geweld tot gevolg sou hê nie. “Ek is nou bang dat ek of my familie aangeval gaan word,” het Hlongwane gesê. Sy sê egter dat sy nie van plan is om uit die gebied te trek nie.

Die huis is ongeveer 300 meter van die Nkandla-woning.

Die 30 mense wat in verband met die klipgooiery in hegtenis geneem is, verskyn Maandag in die Nkandla-landdroshof.

– SAPA

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.