ʼn Vrou wat na bewering verlede week twee van haar kinders by ‘n winkelsentrum in ‘n motor gelos het, is Maandag borgtog van R2000 toegestaan.
Beeld berig dat Shelly Khumalo nie enige aanklagte gepleit het nie en die saak is uitgestel tot 9 Januarie. Khumalo het glo Donderdag met vier kinders by die River Square-winkelsentrum in Vereeniging opgedaag. Sy het glo ʼn ses maande oue baba en 2-jarige in die motor gelos. Motorwagte het die polisie en paramedici in kennis gestel. Hulle het die venster van haar swart BMW gebreek om die kinders uit te haal. Khumalo het glo ʼn polisieman bygedam toe sy uit die sentrum kom en sien haar motorruit is stukkend. Khumalo staan tereg op aanklagte van kinderverwaarlosing, verset teen inhegtenisneming en aanranding van ‘n polisiebeampte.
Lees die berig hier.