Vrou wat glo man vermoor kry borg

Tiziano Ciciliato

Ronell Botma, wat van die moord op haar man aangekla word, is Maandag in die landdroshof in Middelburg op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Botma word aangekla van die moord en sameswering tot moord op haar man, Tiziano Ciciliato. Sy het ook Maandag saam met haar huishulp Annah Mokwana (51), Mokwana se suster Bule Dinah Mokwana (45), Mbuso Khoza (29), Henry Chego (29), Doctor Jacob Tlou (30) en Tsietsi Letsebe (34), in die hof verskyn.

Anna en Dinah Mokwana is onderskeidelik op borgtog van R5 000 en R1 000 vrygelaat. Khoza, Chego, Tlou en Letsebe se sake is uitgestel en hulle bly in aanhouding tot hulle weer in die hof moet verskyn.

Die saak duur 7 Maart voort.

Ciciliato is twee weke gelede in sy huis in Middelburg met ‘n skerp voorwerp gesteek en met ‘n hamer doodgeslaan.

– Sapa

Lees ook:
Moordverdagte was glo mishandel deur man
Vrou vas ná moord op haar man

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.