Vrou wat glo oud-Bul wou vermoor weer in hof

Die Bok-sewesspeler en oud-Bou-Bul-speler, Deon Helberg.

Manda Reyneke wat daarvan beskuldig word dat sy twee mans gehuur het om die oud-Blou-Bul-rugbyspeler, Deon Helberg, te vermoor verskyn Dinsdag in die Pretoria landdroshof.

Helberg is tydens Reyneke se vorige verskyning in Augustus gewaarsku dat hy moontlik gaan getuig teen sy beweerde voormalige minnares. Reyneke word aangekla van sameswering om moord te pleeg en/of aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die saak is uitgestel nadat landdros, Edmund Patterson, hom van die saak onttrek het. Patterson het aangevoer hy is in ʼn ongemaklike posisie aangesien hy sekere bevindinge gemaak het tydens Reyneke se borgverhoor. Reyneke se borgtog van R5 000 is verleng. Reyneke het glo twee Nigeriërs gehuur om Helberg te vermoor. Die beweerde huurmoordenaars het egter die polisie gekontak en Reyneke is tydens ʼn lokval in hegtenis geneem. Helberg het glo ʼn verhouding met Reyneke aangeknoop terwyl in ʼn verhoudings was met haar dogter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.