Vrou wat huis by EFF kry glo nie behoeftig

Die huis wat die EFF vir Hlongwane gebou het. In die agtergrond is president Jacob Zuma se Nkandla-woning. Foto: Giordano Stolley/SAPA

Die huis wat die EFF vir Hlongwane gebou het. In die agtergrond is president Jacob Zuma se Nkandla-woning. Foto: Giordano Stolley/SAPA

Die vrou wat ʼn huis ontvang het wat deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) naby aan president Jacob Zuma se Nkandla-woning gebou is, is alles behalwe behoeftig, berig die Sunday Times.

Julius Malema, leier van die EFF, het op 11 Januarie die huis aan S’thandiwe Hlongwane en haar kinders oorhandig. Volgens die Sunday Times is Hlongwane getroud aan ʼn senior argivaris wat vir die KwaZulu-Natalse departement van kuns en kultuur werk en sowat R250 000 per jaar verdien. Hlongwane en haar man, Lucky Nene, besit minstens twee eiendomme, ʼn VW Polo en ʼn Toyota Hilux. Hlongwane het glo verlede jaar vir Malema die lendelam huis gaan wys waar sy grootgeword het. Malema sê sover sy kennis strek is Hlongwane ʼn ongetroude ma van twee. Op ʼn vraag aan Hlongwane oor hoekom sy die huis van die EFF af aanvaar het, het sy geantwoord: “Hulle wou net ʼn arm familie help.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.