ʼn Vrou is bedwelm en verkrag terwyl sy van ʼn nagklub in Klerksdorp huis toe gestap het, het die Noordwes-polisie Vrydag gesê.
ʼn Man het die 47-jarige vrou omstreeks 02:30 Donderdagoggend konfronteer en haar na bewering na sy huis geneem en haar gedwing het om pille te sluk, het kaptein Amanda Funi gesê. Dit is nie bekend wat se tipe pille dit was nie, maar die vrou het glo lomerig en swak gevoel. Die man het die vrou verkrag en haar huis toe geneem. Sy het haar eksman geskakel wat op sy beurt die paramedici in kennis gestel het. Die polisie het later die dag ʼn 42-jarige man in verband met die verkragting in hegtenis geneem. Hy sal Maandag in die landdroshof in Klerksdorp verskyn. Die vrou was in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.