Vrou wat ‘ontroue’ kêrel ontman weer in hof

Evidence Nkuna (21) tydens haar vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Evidence Nkuna (21) tydens haar vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Evidence Nkuna (21) ʼn vrou van Johannesburg wat daarvan beskuldig word dat sy haar kêrel se geslagsdeel afgesny het, verskyn Vrydag in die Protea-landdroshof.

Maroela Media het vroeër berig Nkuna (21) het na bewering op 6 Oktober haar kêrel met ʼn ander meisie in Soweto betrap, waarna sy glo ʼn mes gevat en die man se penis afgesny het. Sy is dieselfde dag nog in hegtenis geneem

Nkuna is aanvanklik aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, maar die klagte is Woensdag in die Meadowlands-landdroshof na strafbare manslag gewysig en na die Protea-landdroshof verwys.

Nkuna is tans uit op borgtog van R2 500.

Lees ook:
Vrou van manslag aangekla wat glo ‘ontroue’ kêrel ontman
Vrou sny ontroue kêrel se geslagsdeel af

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.