Vrou wat vermoor, glo verkrag is se naam bekend

Die vrou wie se liggaam Maandagaand buite ʼn kantoorblok in Lenasia, suid van Johannesburg gevind is, se naam is bekendgemaak.

Die vrou is geïdentifiseer as Leanne Vassen (30). ʼn Polisiewoordvoerder, ao. Kay Makhubela, het vroeër gesê vrou se liggaam het ʼn wond aan die kop gehad. Makhubela sê die vrou was halfnaak en haar onderklere en broek was om haar een been. Die polisie vermoed dat sy verkrag is voor sy vermoor is. EWN berig intussen dat die vrou se broer, Craig Vassen, sê hulle nie weet wie haar sou wou seermaak nie. Vassen sê sy suster was ʼn vredeliewende mens en ʼn wonderlike ma. Hy sê hulle vermoed wel dat sy deur iemand doodgemaak is wat sy ken. Vassen het Sondagaand vermis geraak. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.