Vrou wen eis teen valskermklub ná sy seerkry

ʼn Vrou wat beseer is na sy sonder haar ouers se toestemming gaan valskermspring het, het ʼn hofsaak teen die Witbank Skydiving Club gewen.

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag bevind die klub is verantwoordelik vir enige skade wat Euleine de Kock (21) teen hulle kan bewys.

Beeld berig De Kock was 17 toe sy op 17 Mei 2008 haar linker been gebreek en beserings aan haar rug en nek opgedoen het, ná sy ʼn statiese lynsprong gedoen het.

De Kock, wat nou 21 is, eis skadevergoeding van R305 353. Sy het aangevoer die klub en haar instrukteur is vir die kostes verantwoordelik omdat hulle haar toegelaat het om te spring, al was sy minderjarig en nie die nodige toestemming van haar ouers gehad het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.