Vrou wil met tweelingsuster se moordenaar trou

Edith Casas en Victor Cingolani

‘n Regter van Argentinië het ‘n huwelik teen ‘n 22-jarige vrou en haar tweelingsuster se moordenaar Vrydag verbied ná ‘n formele klag deur haar ma.

Edith Casas voer aan dat Victor Cingolani nié haar suster, Johana Casas, ‘n model, vermoor het nie. Hy dien tans 13-jaarlange tronkstraf in die suidelike Santa Cruz-provinsie uit vir die moord wat in 2010 plaasgevind het. Die tweeling se ma, Marcelina Orellana, sê Edith is geestelik versteurd en “weet nie wat sy doen nie”. Sy het ‘n aansoek by die hof ingedien om die voorgenome huwelik te keer.

Volgens die burgerlike kode van Argentinië is permanente of tydelike verlies van sinne voldoende rede om ‘n huwelik te verhoed. Fabian Farias, die ma se prokureur, sê Casas het die besluit om met die moordenaar te trou, slegs 10 dae gelede bekendgemaak. Die paartjie wou in die tronk trou om ‘n mediasirkus te verhoed.

Die vermoorde Johana Casas

“Sy het saam met haar ouers gebly en niemand het só ‘n skielike verandering in gedrag verwag nie,” het Farias bygevoeg.

Casas hou egter vol dat Cingolani onregverdig veroordeel is. “Hy is iemand wat nie ‘n vlieg sal seermaak nie. Hy het haar nie vermoor nie,” het Casas gesê. Sy beskuldig ook haar ma dat sy haar en haar suster verwaarloos het. “Sy [Marcellina] kan nie sê ek benodig ‘n sielkundige nie, want ek is ten volle bewus van dít wat ek doen.”

Marcos Diaz, een van Johana se vriende, dien ook tans tronkstraf uit vir die moord.

Cingolani se prokureur het appèl aangeteken teen die regter se besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.