Vrou word glo k-woord toegesnou tydens oefensessie

ʼn Vrou beweer dat ʼn medelid by ʼn Virgin Active-gimnasium aanstoot geneem het deur haar entoesiasme tydens ʼn spinfiets-klas en haar ‘n “verdomde k*****, ‘n kakkerlak en ‘n selfsugtige teef” genoem het.

The Star berig dat Liz Hleza, in haar 50’s, haarself geniet het tydens die klas en heeltyd “yebo” uitgeskree het. ʼn Man wat op die fiets voor Hleza gesit het, was glo ongelukkig hieroor en het haar gekonfronteer. “Ek was so bang en het gedink hy gaan my slaan, hy was baie kwaad. Hy het gesê ek moet stilbly en my ʼn verdomde k***** genoem.” Hleza beweer sy het niks teruggesê aan die man nie en die voorval na die klas aan die bestuurder gaan rapporteer. Die gimnasium se dissiplinêre komitee het glo die saak ondersoek en ʼn vergadering gereël tussen Hleza en die man sodat hy om verskoning kon vra. Die man het glo gesê hy kan nie die ontmoeting bywoon nie. Die man het egter later om verskoning gevra en Hleza het dit aanvaar. Hleza sê sy het egter besluit om aan die media te vertel wat gebeur het aangesien “daar steeds mense soos dit daar buite is.”

EWN berig intussen dat Virgin Active sy ondersoek na die beweerde voorval heropen het nadat dit ʼn herrie ontketen het op sosiale netwerke. Die sosiale kommentator, Victor Dlamini, het intussen aan EWN gesê dat hy ʼn brief geskryf het aan die hoof van die Virgin-handelsmerk, Richard Branson.

Lees meer by The Star

Lees meer by EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.