Só is vroue geflous en van duisende rande beroof

geld 2

Argieffoto

Twee vroue is deur twee mans van duisende rande beroof by Jabulani-winkelsentrum in Soweto, het die polisie in Gauteng Woensdag gesê.

“ʼn 45-jarige vrou het Woensdagoggend inkopies gedoen by die winkelsentrum toe ʼn man poeier op haar hand gevryf het en beweer het dit sal haar geheue en denkwyse beïnvloed,” het ao Kay Makhubela gesê. “Die vrou is toe deur ʼn ander man genader, wat aangevoer het hy is ʼn polisiebeampte. Hy het sy hulp aangebied om die vermeende swendelaar vas te trek.”

Die sogenaamde polisiebeampte, wat nie in uniform was nie, het die man agternagesit, hom vasgetrek en in ʼn ongemerkte voertuig gelaai. Hy het aangevoer dit is ʼn polisievoertuig.

Die vrou het ingestem om hulle na die plaaslike polisiestasie te vergesel, het Makhubela gesê. Op pad na die polisiestasie, het die “beampte” haar aangeraai om al haar geld uit haar rekening te onttrek, sodat dit nie sal verdwyn nie. Sy het ingestem en R10 000 uit haar bankrekening onttrek. “Die mans het al die geld gevat en haar by die winkelsentrum gelaat.”

ʼn 30-jarige vrou is Dinsdag op ʼn soortgelyke wyse by die winkelsentrum van R1 700 beroof.

“Die gemeenskap moenie geflous word deur mense wat voorgee hulle is polisiebeamptes nie,” het Makhubela gesê. “Hulle moet ook bedag wees op persone wat hulle op dié manier probeer vang.”

Niemand is nog in verband met die twee voorvalle in hegtenis geneem nie. Twee sake van diefstal word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

Nou-ja toe, dat die vrouens nou enigsins geglo het dat poeier hul geheue en denkwyse kan beinvloed … pille sal ook nie help vir domgeit nie.

eben ·

En die tipe mense het stemreg om my en jou toekoms te bepaal. Hulle kan nie eers vir hulself dink nie …. Nee wat geen simpatie kry vir julle vir onnoselheid!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.