ʼn Woordvoerder van die metropolisie, hoofsupt. Wayne Minnaar, sê hulle het van die voorval by die Noordstraat taxistaanplek te wete gekom deur kringtelevisiekameras. “Die twee vrouens is nie beseer nie. Die metropolisie het hulle na hulle huis in Bertrams geneem.” In 2008 het honderde vrouens, sommige geklee in minirokkies, ʼn optog na die Noordstraat taxistaanplek gehou uit protes teen die manier waarop taxibestuurders vroue behandel. Die optog het gekom nadat taxibestuurders vier vroue aangerand het, vermoedelik omdat hul minirokke gedra het. Die vroue moes glo kaal paradeer terwyl daar drank oor hulle uitgegooi is. Een van die vroue is glo onsedelik aangerand.
Vroue geterg oor minirokkies
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.