Vroue koop al hoe meer karre

Argieffoto

Die opkomende swart middelklas en vroue koop al hoe meer nuwe motors.

Standard Bank se bate- en voertuigfinansiering toon ʼn 19% groei in sy swart kliënte tussen 2011 en 2012, in vergelyking met die 7% van wit kliënte, het Business Report Vrydag berig. Afrikane, bruin en Indiese kliënte word by die swart kliëntebasis ingesluit.

Sydney Soundy, hoof van voertuig- en batefinansiering by Standard Bank, het gesê die aantal vroulike kliënte het met 14% toegeneem tussen 2011 en 2012. Dit is dubbel soveel as die groei van manlike kliënte oor dieselfde tydperk.

Soundy sê verkope in die nuwevoertuig-mark het in die eerste drie maande van die jaar met 4.1% toegeneem tot 163 092 eenhede, in vergelyking met dieselfde periode verlede jaar, ten spyte van swaar ekonomiese toestande. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het ʼn bruto binnelandse groei van 2.7% vir die jaar voorspel. Hy sê die vooruitsig binne die nuwevoertuig-mark is noemenswaardig wanneer mens dit vergelyk met ander sektore, wat gebuk gaan onder verlaagde verbruikersbesteding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

butch ·

mens sien dit elke dag as jy soggens werk toe ry en saans terug – hoop net dis volhoubaar – voertuie wat ek as professionele praktisyn nie eers oor droom om te koop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.