“Vroue moet by die huis bly en slawe wees”

Een van die Verenigde Nasies se advertensies vir vroueregte

Een van die Verenigde Nasies se advertensies vir vroueregte

Nog ‘n advertensie volg onderaan die berig. Volgens ʼn reeks advertensies van die Verenigde Nasies is die soekenjin Google klaarblyklik seksisties.

Indien mens die woorde “women should” of “women shouldn’t” begin intik, is dit opvallend watter voorstelle die outomatiese voltooi-funksie vir jou maak volgens dit wat mense in die verlede ge-Google het.

Die outomatiese voltooi-funksie maak voorstelle gebaseer op vorige gereelde soekterme. Dit reflekteer dus tot ʼn groot mate die aard van die samelewing.

Die advertensies bevat ware voorstelle waarmee Google vorendag gekom het, bv. “women shouldn’t vote” (vroue moenie stem nie); “women shouldn’t have rights” (vroue moenie regte hê nie); “women should not speak in church” (vroue moenie in die kerk praat nie); en “women should not work” (vroue moenie werk nie).

Google maak gereeld verstellings aan sy algoritme en die soektog vir dié advertensies is op 9 September 2013 gedoen, berig mashable.com.

Onderaan die advertensie is voorstelle wat die VN maak wat eintlik op die outomatiese voltooi-funksie behoort te verskyn, bv. “women need to be seen as equal” (vroue moet as gelykes beskou word).

Een van die Verenigde Nasies se advertensies vir vroueregte

Een van die Verenigde Nasies se advertensies vir vroueregte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GERT JACOBS ·

DIS OMDAT HULLE NIE GOD SE WOORD KEN NIE DIS HOEKOM HULLE MET SULKE DINGE VORENDAG KOM

Hannetjie ·

Soveel vrouens is enkel ma’s en as sy geen stemreg het of die reg om te praat in die kerk het nie hoe gaan sy menswaardig wees ? Die man maak nie die vrou ‘n mens nie dus wie gee enigiemand die reg van iemand snders ontneem om gehoor te word ? En as sy nie werk nie wie gaan vir die kinders sorg wat in haar sorg gelos is deur ‘n man wat pad gevat het?

Ver Van Ryn ·

Hoe moet Google so iets reguleer as daar miljarde soeke per dag gedoen word???

“Nee, uhm, mnr. Google jy moet asb. ‘n anti-seksisme algoritme skryf vir jou soekenjin. Ek gee nie om dat dit nie jou taak is om mense te sensuur nie, ek is die VN en ek hou daarvan om my eie gewete te sus so waaneer ek kans kry om my bisceps te flex doen ek dit.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.