Vroue moet “hulself verander”

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Stadsraad van Spanje word oor die kole gehaal nadat hulle ʼn opleidingskursus gereël het om vroue te help om “beter vroue” te word deur hul persoonlikhede te verander.

Feministe-groepe en politici van opposisiepartye het gesê die 12 week lange sessies wat deur die Onda-stadsraad gereël is, is “seksisties en sal daartoe lei dat vroue vir alles blameer word wat verkeerd loop”, berig Telecinco.

Die kursus, “Die foute van vroue in liefdevolle verhoudings”, begin 5 Februarie en kostes beloop €11 (bykans R170) per persoon. Al 25 toegangskaartjies is verkoop.

Volgens ʼn brosjure van die stadsraad is die kursus se doelwit om vroue te help om “ʼn goeie, liefdevolle verhouding te kweek”. Vroue moet “bewus wees van die rol wat hulle speel, die rol verstaan en in staat wees om van karakter te verander indien dit tot ʼn mislukking lei”.

Die stadsraad beplan glo ʼn soortgelyke werkswinkel vir mans.

Bron: Telecinco, NY Daily News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.