Twee vrou is in Kaapstad in hegtenis geneem op aanklag dat hulle ‘n bordeel in die middestad bestuur het.
‘n Nigeriese vrou, wat glo in prostitusie gedwing is, is ook tydens die klopjag uit die bordeel in Breestraat gered, berig EWN. Die Valka het Donderdagaand die klopjag uitgevoer. Twee vroue is in hegtenis geneem. Volgens die polisie sal die twee vroue Maandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn.
In ‘n afsonderlike voorval in Milnerton is ‘n 45-jarige man in hegtenis geneem op klagtes van ontvoering en verkragting. Hy het glo ‘n 16-jarige meisie van ‘n dorpie in die Oos-Kaap ontvoer en haar gedwing om met hom te trou.