Vroue vergas byna in karavaan

Twee vroue is in ʼn kritieke toestand nadat hulle in ʼn karavaan in Noordheuwel, Krugersdorp, glo byna vergas het.

“Na wat verneem word, het die vrouens ʼn paraffienlamp regdeur Maandagaand laat brand en ʼn gifstof het in die karavaan opgebou. ʼn Buurman het Dinsdag op hulle af gekom. Hy het deur die karavaan se venster gekyk en gesien die vroue lê op die bed en dat daar skuim by hulle monde uitkom,” het Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, gesê.

Die buurman het hulp ontbied en hulle het albei die vroue deur die venster na buite getrek.

“Die vroue het erge koolstofmonoksied-vergiftiging opgedoen. Hulle is op die toneel stabiliseer. Een van die vroue is per helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem en die ander per ambulans na die Leratong-staatshospitaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.