Vroue vry ná verstandelik gestremde nie kon getuig oor verkragting

Twee vroue wat daarvan beskuldig is dat hulle twee 17-jarige verstandelik gestremde seuns verkrag en seksueel aangerand het, is in die Protea-landdroshof vrygespreek, het The Star Vrydag berig.

ʼn 27-jarige vrou en haar familielid, ʼn tiener, het die seuns glo verlede jaar in White City, Soweto, aangerand. Een van die vroue het glo die seuns na haar huis gelok en hulle verkrag. Sy het glo aan hulle gesê hulle “maak ʼn baba”, berig The Star verder.

Landdros Audrey Mpofu het Donderdag die vroue egter onskuldig bevind op alle aanklagte, aangesien die seun, wat glo verkrag is, gesukkel het om vrae te beantwoord tydens sy kruisverhoor.

ʼn Opvoedkundige sielkundige het getuig dat die seuns se verstandelike vermoë gelykstaande is aan ʼn kind van ses of agt jaar oud. Mpofu sê dit sou makliker gewees het indien DNS-monsters geneem is, berig The Star.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karen Loubser ·

Skandelik!!!! Dat die regstelsel ons kinders so moet faal!!! Ek hoop die arme kind kry profesionele hulp. En sies vir daardie vroue…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.