Vroueliga betreur busongeluk-sterftes

iStock_000015602916XSmall91-320x212Die ANC-vroueliga betreur die afsterwe van nege meisies en ‘n volwassene wat Sondag in ʼn ongeluk dood is. Die bus waarin hulle gery het, het op pad terug van ʼn rietdans-seremonie by Nongoma in KwaZulu-Natal gebots.

Die meisies het by ʼn seremonie by die Nykone Royal Palace opgetree. Nosipho Dorothy Ntwanambi, die woordvoerder van die vroueliga, het gesê dit is tragies dat die ongeluk so gou ná die einde van Vrouemaand plaasgevind het.

“Jong meisies verteenwoordig blink sterre waarop vorige generasies hul hoop vaspen om Suid-Afrika in die toekoms beter te maak as wat dit ooit was,” het Ntwanambi gesê.

Die vroueliga het hul medelye aan die gesinne van die slagoffers uitgespreek. Willies Mchunu, KwaZulu-Natalse LUR van vervoer, het ʼn ondersoek na die ongeluk van stapel gestuur.

Lees ook:
Tien sterf in busongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Seg Net ·

Betreur die afsterwe van ongeluk slagoffers, maar seg niks van ‘n nege jarige meisie en ander wat verkrag word nie. Dit is aanvaarbaar en ongelukke nie. Kry julle prioriteite agtermekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.