Vroueliga se voormalige segsvrou glo in padwoede-voorval betrokke

Troy Martens

Troy Martens

Troy Martens, voormalige woordvoerder van die ANC-vroueliga, het ʼn klag aanhangig gemaak nadat sy glo vroeër die week deur ʼn motoris aangerand is, berig die Sunday Times.

“Ek wil hê sy moet weet dat wat sy gedoen het verkeerd was en dat sy nie kan wegkom met die tipe gedrag nie,” het Martens aan die koerant gesê. Martens beweer sy het in Hendrik Potgieterweg in Strubensvallei gery toe sy versuim het om vir ʼn ander motoris toe te gee. Martens sê sy het haar hand gelig en om verskoning gevra. Sy sê die ander motoris het voor haar motor stilgehou, uitgeklim en vir haar gewys om haar venster af te draai. Martens sê sy het nie bedreig gevoel deur die vrou nie. “Maar voor ek weer kon sien het sy haar hand in my gesig gedruk en my kop afgedruk. Ek was so geskok dat ek gehuil het.” Die polisie het teen druktyd nie op die Sunday Times se versoek om kommentaar reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elize Mans ·

Dit is hoekom daar so baie ongelukke is,niemand dink meer om die Pad tekens te gehoorsaam nie
Ek het al vir my man gese,daar is mense, wat verseg om agter jou te ry, voet in die hoek om verby te kom..

mickey ·

siestog jou gesig het haar seker aan n fiets laat dink toe wil sy hom net trap

BlinkStefaans ·

Seker ook weer gedink sy is verhewe bo die wet! As reels nie gevolg word nie is daar na-gevolge! “Give that lady a bells”

hyla ·

Ek het ook al gevoel om so iets te doen. gehoorsaam die padreels want handjie lig en sorry doen dit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.