Vrouens vas oor onwettige vuurwapens

Twee vrouens is in hegtenis geneem vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens in Soweto, Gauteng.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die twee vrouens is Saterdag in Jabulani in hegtenis geneem gedurende ʼn spesiale polisie-operasie wat ook in Dobsonville, Naledi, Moroka, Protea Glen en Lenasia gehou is. Makhubela sê ʼn totaal van 119 mense is vir verskeie oortredings in hegtenis geneem. “Die verdagtes was onder meer gesoek vir moord, roof, kwaadwillige saakbeskadiging en diefstal.” Makhubela sê die verdagtes sal Maandag in verskeie howe verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kaspaas ·

Ek wonder wat sou die reaksie gewees het as die 2 vroue dalk blanke Afrikaners was ? Dalk nog ‘n boeremag verhoor ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.