Vroulike kollega ‘teister’ hom

cape town metro policeʼn Metropolisiebeampte van Kaapstad het die gelykheidshof genader nadat ʼn vroulike kollega hom glo herhaaldelik seksueel geteister het, het The Times Dinsdag berig.

Die 39-jarige superintendent beskuldig die stad Kaapstad van versuim om hom teen die vroulike beampte, van dieselfde rang, te beskerm. Sy het glo gereeld uitdagende opmerkings gemaak en ook een keer sy bobeen gestreel.

Die man het die hof genader in ʼn laaste poging om die probleem op te los nadat sy bestuurders glo nie sy klagtes ernstig opgeneem het nie.

In sy hofdokumente voer hy aan dat die probleem in Januarie begin het. Hy het sy rekenaarskerm hoër gestel sodat hy haar nie hoef te sien nie. In nog ʼn voorval beweer hy sy het gevra om op sy skoot te sit en wou haar klere voor hom uittrek.

Hy sê ook hy het eenkeer met ʼn stresballetjie gespeel toe sy by sy deur gaan staan het. “Sy het wydsbeen gestaan en voorgestel dat ek die balletjie deur haar bene gooi,” aldus die beampte se verklaring.

Die beampte het gesê die voorvalle veroorsaak emosionele en professionele onrustigheid, verleentheid, en veroorsaak probleme in sy huwelik. Hy het ook gesê dit bring sy goeie naam in die gedrang.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Justi ·

Jinne dis darem maar lelik van die vrou. Persoonlik sien ek dit as goedkoop.Die arme man. Ek glo dis n aaklige situasie om in te wees.

EyesEars ·

Ek is seker maar oudmodies, maar in my opinie, kort sy ‘n goeie pakslae op haar agterent en sy moet forseer word om toilette skoon te maak met ‘n tandeborsel vir 6 maande lank,voor al haar kollegas. Hiermee hits ek DEFNITIEF NIE vroue slanery aan nie. Ek duld nie vroue en kinder mishandeling nie. As sy haar soos ‘n hoerskool kind met rooi hakskene wil gedra, moet sy die nagevolge daarvan voel. Op die einde van die dag bly ‘n man ‘n jagter. Feit!. Hierdie vroumens gedra haarself soos ‘n flerrie en is heel duidelik dan in die verkeerde beroep.

susan ·

As die teistering net op kantoor gebeur moet daar miskien meer diens gedoen word op die paaie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.