Die liggaam van ʼn vroulike mynwerker is Maandag in Anglo Platinum se Khomanani-myn buite Rustenburg in Noordwes gevind.
Die vrou is glo vermoor. ʼn Woordvoerder van Amplats, Mary-Jane Molifi, sê dit is die eerste voorval van sy soort om aangemeld te word in die maatskappy. Molifi sê die vrou was ʼn voerband-operateur maar wou nie verdere inligting beskikbaar maak nie. Die mynwerkersunie, NUM, sê die vrou is glo ook verkrag. Molifi sê die uitslae van ʼn nadoodse ondersoek behoort teen Vrydag beskikbaar te wees. Sy sê ʼn deel van die myn is gesluit vir verdere ondersoek.