Vrystaat-boer op plaas aangeval

ʼn 61-jarige boer is Maandagaand op sy plaas tussen Ladybrand en Clocolan in die Vrystaat aangeval.

OFM berig dat twee mans die boer by sy huis ingewag het. Hulle het hom glo vasgebind en herhaaldelik met ʼn stomp voorwerp geslaan. Die mans het volgens berigte met ʼn onbekende bedrag geld gevlug. Die boer is laat gisteraand in die Mediclinic in Bloemfontein opgeneem. ʼn Vriendin van die boer wat glo saam met hom was ten tyde van die voorval is nie ernstig beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jan ·

Dit is ‘n ras aanval. Hoekom word daar verwys net na “mans” en nie die woord swart “mans nie”. Maar met die Moslem se dood word daar vinnig verwys na “wit mans”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.