Vrystaat boer se lyk in vlak graf gevind

Die liggaam van ʼn Vrystaatse boer is vanoggend in ʼn vlak graf gevind op sy plaas naby Reitz.

ʼn Polisiewoordvoerder, sers. Mmako Mophireng, sê die slagoffer se 26-jarige seun, wat in Bethlehem woon en werk, het vroeër vanoggend onraad vermoed toe hy sy ma en pa probeer skakel het en ʼn onderbekende persoon hulle selfone geantwoord het. Mophireng sê die polisie het na die toneel gehaas waar hulle die seun se 56-jarige ma en 85-jarige ouma in die plaashuis aangetref het. Hy sê beide was vasgebind en die ouma is glo verkrag. Hulle is na die hospitaal op Bethlehem geneem vir verdere behandeling. Mophireng sê die boer is na ʼn uitgebreide soektog in ʼn vlak graf gevind sowat 500m van die plaashuis. Hy sê die boer is glo met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan. Volgens Mophiring is twee verdagtes in hegtenis geneem in ʼn informele nedersetting naby Reitz. Een van die mans het glo vir ʼn ruk op die slagoffer se plaas gewerk. Mophireng sê die mans word aangekla van moord, roof en verkragting en sal na verwagting Woensdag in die Reitz landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

frikkie ·

Bel die selfoon en vertel die een wat antwoord hy het n kar gewen in n selfoon prys, wanneer hy sy kar kom kollek dan aressteer hom.

Boer ·

Die vermoorde boer se naam is Thinus Uitenweerde. Sy 85 jarige ma is 2 keer verkrag na hul Thinus in sy graf laat le het en hom met klippe dood gegooi het. Hulle het die tannie se artritis bande van haar gewrigte en enkels af gehaal om haar mond mee toe bind voor hulle haar verkrag het. Barbare!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.