Vrystaat-dorp sonder water

Fauresmith in die Vrystaat is al die hele naweek sonder water, ten spyte daarvan dat die dorp die week sy jaarlikse perde-uithouritkampioenskap aanbied, het die DA Sondag gesê.

Fauremisth se nasionale perde-uithouritkampioenskap vind van Dinsdag tot Donderdag plaas met talle van die deelnemers wat reeds die naweek in die dorp aangekom het. Patricia Kopane, DA-leier in die Vrystaat, sê die party het die munisipaliteit ingelig oor die uithouritkampioenskap wat deur sowat 2 500 mense bygewoon sal word. Sy sê daar is egter niks gedoen om te verseker dat die dorp water het nie. Kopane sê met al die personeel wat sedert Vrydagmiddag af is, is daar niemand om te verseker dat water gepomp en die reservoirs oopgemaak word ten einde te verseker dat die dorp minstens vir ʼn paar uur per dag water het nie. Sy sê die party het sonder sukses die burgemeester, die munisipale bestuurder, die eenheidsbestuurder en die dorp se raadslid probeer kontak. Die munisipale bestuurder van die Kopanong-munisipaliteit het geweier om kommentaar te lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.